Ons liefdevolle en ervare personeel ontvang alle Monnies elke dag. Met toewyding en ondersteuning sorg hulle dat die ervaring by die skool die lekkerste-lekker is!
Die skool volg die departementele kurrikulum met ‘n streng fokus op ‘n goeie fondasie van kernbegrippe.
Addisioneel, ontvang die leerders ook weekliks onderrig in die volgende vakke:
- Liggaamsopvoeding (LO) – ontwikkeling van groot motoriese vaardighede – twee keer per week
- Rekenaarvaardigheid – een keer per week
Die mediasentrum word een maal per week besoek om ‘n liefde vir boeke en lees te verseker.