Submitted by Webmaintainer on

Laerskool Monumentpark bied reeds vanaf 2015 die gesogte Toastmasters Youth Leadership-kursus aan. Hierdie kursus bied aan graad 6 en 7 leerders die geleentheid om oor ‘n tydperk van agt weke hulle kommunikasie- en leierskapsvaardighede te verbeter. Die kursus word in Engels deur die Pretoria 2000 Toastmasters Club aangebied, volgens die standaarde wat deur Toastmasters International gestel word.

Opleidingsessies in kommunikasievaardighede behels onder andere die struktuur van ‘n toespraak, gebruik van rekwisiete en goeie lyftaal. Die leerders se leierskapsvaardighede word bevorder deurdat hulle verskeie leierskapsposisies tydens die sessies beklee, bv. voorsitter.

Trekveld Posisie
10