Submitted by Webmaintainer on

By Laerskool Monumentpark is uitnemendheid die dryfveer agter ons akademiese sukses. ‘n Hoogs gekwalifiseerde en toegewyde personeelkorps lei met entoesiasme, terwyl ‘n goeie balans tussen tradisionele en vernuwende onderrigmetodes gehandhaaf word.

Die departementele kurrikulum word met sukses in die intersenfase geïnkorporeer. Deurlopende assessering stel ons in staat om probleemareas spoedig te identifiseer, evalueer en effektief aan te spreek. ‘n Intensiewe heronderrig en remediëringprogram word met vrug aangebied en waar nodig, ontvang leerders addisionele steun van ons bekwame leerderondersteuningspan. 

Vaardigheidsontwikkeling word holisties benader en die insluit van tegnologie, vernuwende denke en ‘n “buite die boks”-aanbiedingstyl getuig hiervan.

Trekveld Posisie
2