Submitted by Webmaintainer on

Die skool beskik tans oor twee goed toegeruste rekenaarsentrums wat ‘n skootrekenaar vir elke leerder in die klas insluit.

Die een sentrum word vir lees aangewend en die tweede sentrum vir rekenaars en robotika.
Grondslagfaseleerders leer basiese rekenaarvaardighede en word aan kodering blootgestel deur lyfie-kodering, die volg van stap-vir-stap-instruksies, asook probleemoplossingsvaardighede. Ons maak van programme soos Sebran, Paint, Paint 3D, EduPlay en Scratch Junior gebruik.

Intersenfaseleerders leer om vining en korrek te tik. Ons fokus ook meer op Google Suite, Classroom, Drive, Docs en Slides. Internetveiligheid is nog ‘n belangrike komponent en die leerders leer hoe om verantwoordelike internetgebruikers te wees.

Die seniors leer van kodering en robotika met binêre getalle, probleemoplossing en kodering. Ons maak van Scratch, Hour of code en Tanks gebruik.

Trekveld Posisie
5