By ons Graad R sentrum is kleuters nog kinders terwyl hulle die nodige vaardighede speel-speel aanleer om die volgende hoofstuk van hulle skoolloopbaan suksesvol aan te pak.
Ons sentrum bestaan uit ses klein klasse, elk met ‘n juffrou en ‘n assistent, wat ‘n unieke kurrikulum aanbied om kinders te help ontwikkel om hulle volle potensiaal te bereik.
Die waarde van vryspel is onmeetbaar en laat ons kleuters floreer; daarom maak ons seker daar is genoeg tyd vir ons kleuters om na hartelus te speel op ons pragtige, goed toegeruste fasiliteite.
Wiskunde, Taal en Lewensvaardigheid word geïntegreerd aangebied aan die hand van temas wat ons kleuters bewus maak van die wêreld rondom hulle. Daar is gereeld instappies soos Brandweer, plaasdiere en selfs ‘n instappie waar leerders van dryfsand, fossiele en dinosourusse leer terwyl hulle 3D-brille dra. Moedersdag, Vadersdag en Oupa-en-Oumadag is ook ‘n hoogtepunt op die kalender.
‘n Verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite word aangebied, waarvan ouers kan kies en keur.
Elke dag is opedag by Laerskool Monumentpark en ouers is altyd welkom om te kom kyk hoe ons gekwalifiseerde onderwysers met passie en entoesiasme die kleuters speel-speel leer.
TYD | AKTIWITEIT |
---|---|
8:00 - 8:30 | Aankoms Vryspel Groet Verjaarsdae Register Weerkaart Nuus |
8:30 - 9:00 | Fokus Op Wikunde |
9:00 - 9:50 | Fokus op Lewensvaardighede |
9:50 - 10:10 | Happietyd |
10:10 – 10:55 | Vryspel (buite) |
10:55 – 12:00 | Fokus op Moedertaal |
12:00 | Storie vir genot |
12:30 | Afsluiting en Vertrek / Naskool op die terrein |
Kopiereg 2024 © Laerskool Monumentpark. All regte voorbehou. Geskep deur Starbright