Laerskool Monumentpark spog met ‘n pragtige terrein. Daar is meer as genoeg plek vir elke Monnie om nog kind te wees en kaalvoet op die groen gras te speel.
Naas die sportvelde, spog Monnies ook met:
Spog sportvelde insluitende:
Laerskool Monumentpark se naskoolsentrum, bedryf deur Blinkoog Monnies NPC, is in 2013 geopen en is ‘n ware naskooltuiste vir ons leerders. Die personeel van die naskool se doelwit is om ‘n veilige en geborge omgewing vir elke leerder te skep, sodat ouers hul dagtake kan verrig. Hul prioriteit is die voltooiing van leerders se huiswerk. Ouers kan ook gerus wees as leerders deelneem aan kultuur-, sport- en ander aktiwiteite wat sommer net hier op die skoolterrein aangebied word.
Heerlike gebalanseerde middagetes word op ‘n daaglikse basis in ons ruim toegeruste eetsaal voorgesit. Die tarief vir etes is baie billik en word vars voorberei deur die Monnies Snoepie. Leerders wat nie in die eetsaal eet nie, kry ook die geleentheid om hul eie te nuttig of onder toesig te speel. Leerders ontvang elke middag om 16:00 koue water en ete-maatjies kry ‘n toebroodjie. Die naskool beskik ook oor ‘n goed toegeruste siekekamer waar leerders met liefde na omgesien word.
‘n Goed georganiseerde vakansieskool met interessante projekte word tydens skoolvakansies aangebied.
Verskeie buitemuurse aktiwiteite vind daagliks op Monnies se terrein plaas, wat help om die totale menswees van leerders te ontwikkel. Kontak ons gerus vir meer inligting.
Kopiereg 2024 © Laerskool Monumentpark. All regte voorbehou. Geskep deur Starbright